Local newsNews

Organisasie verbly weer kinderharte

Minderbevoorregde kinders geniet kersfees by Just Wheels.

Brakpan4Brakpan het weer ‘n reuse gemeenskaplike Kersboom vir minderbevoorregte kinders van die dorp gehou.

Die organiseerders het reggestaan vir 198 kinders wat ‘n opwindende dag beleef het, en ook elk met ‘n geskenk huis toe gegaan het.

“Brakpan4Brakpan is baie dankbaar vir al die donasies wat ontvang is om van hierdie dag ‘n sukses te kon maak,” het Belinda Coetzer van Brakpan4Brakpan gesê.

Die kinders het worsrolle, koeldrank en lekkergoedpakkies geniet, terwyl daar ook gebaljaar is op springkastele, wat deur Rita de Beer vir die dag geskenk was.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button