
Lianie van Wyk (13) van Brenthurst is Saterdagaand aangewys as die eerste prinses in ’n Miss Gauteng East Schools 2023 kompetisie.
Dit was die eerste keer dat die tiener, wat ‘n leerder aan die Laerskool Môrewag is, aan ‘n skoonheidskompetisie deelgeneem het.
Sy was onder die eerste drie geplaas en is baie trots op die plek wat sy behaal het.
“Ek was terselfdertyd baie opgewonde en verbaas,” het Lianie vertel.
Sy gaan nou gedurende Oktober aan die Mr & Miss Gauteng Schools kompetisie deelneem waar sy haar skool, waar sy ook ‘n leier is, sal verteenwoordig.
Lianie neem ook jaarliks deel aan Dell ‘Arte Kunstefees waar sy spog met ‘n kuns item-wenner toekenning. Sy het vanjaar ook aan die Con Spirito kunswedstryd deel geneem.
Vir sport maak sy ook altyd tyd. Sy is ‘n lid van Morries se eerste netbalspan, maar geniet ook hokkie en die plan is om volgende jaar by haar hoërskool ook aan krieket deel te neem.
ALSO READ: Local beauty dazzles at pageant
ALSO READ: Dalpark resident a semi-finalist in Mrs South Africa pageant