Local newsNews

KYK: Grypdief steel foon by Voortrekker duikweg

In die video kan daar duidelik gesien word hoe ‘n motoris, in ‘n rooi voertuig in die duikweg, by die verkeerslig wag om in die rigting van Sherwood Gardens te ry.

Brakpan inwoner, Jan Cilliers het op 9 Januarie ‘n voorval op sy aanboord-kamera (dash cam) afgeneem waar ‘n grypdief binne ‘n oogwenk ‘n motoris se selfoon steel.

In die video kan daar duidelik gesien word hoe ‘n motoris, in ‘n rooi voertuig in die duikweg, by die verkeerslig wag om in die rigting van Sherwood Gardens te ry.

Die venster aan die bestuurderskant was oop. Die dief het agter om die voertuig beweeg, ‘n selfoon uit die bestuurder se hand geruk en weggehardloop.

Die selfoondief het ‘n vlootblou broek aangehad met reflekterende strepe aan die onderkant en ‘n bruinerige top met ‘n kappie.



Volgens Cilliers het die voorval net na 17:00 plaasvind.

‘n Woordvoerder van die Brakpan SAPD het gemaan dat motoriste versigtigheid aan die dag moet lê aangesien grypdiewe gereeld in die omgewing van dié duikweg bedrywig is.

“Dit is raadsaam om liewer nie op jou selfoon te praat nie, sovêr moontlik die voertuig se vensters toe te hou en die deure te sluit,” het die woordvoerder gemaan.

“Motoriste moet ook nie waardevolle items soos handsakke, beursies en skootrekenaars in hul voertuie laat waar dit maklik sigbaar is nie.

“Sodanige items moet liewer in die kattebak toegesluit word.”



LEES OOK: Sip ‘n Crochet blankets donated to Eventide

LEES OOK: Jong seun ontroosbaar na verjaarsdag geskenk gesteel is

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button