
Marlizelle Burger, ‘n Graad 11 leerder aan Sonneveld Akademie, het verlede jaar saam van haar skoolmaats deelgeneem aan die Afrikaanse Wikipedia Skryfkompetisie wat aangebied is deur die Afrikaanse Wikipedia, sowel as die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Sy het onlangs haar uitslae ontvang en het ‘n uitstekende derde plek losgeskryf teen spanne van twee ander hoërskole.
Die eerste en tweede plekke het onderskeidelik R10 000 en R6 000 ontvang as kontantprys, wat onder die spanlede verdeel is.
Marlizelle, as enkelskrywer, het die volle R3 000 ontvang wat vir die derde plek toegeken is.
Die kompetisie het behels dat hoërskoolleerders, individueel of in spanne, ‘n Wikipedia artikel vertaal met al die nodige verwysings en skakels na Afrikaans.
Joseph Patrick Kennedy, die seun van voormalige Amerikaanse president John F Kennedy, is die artikel wat Marlizelle aangepak het.
Sy is ondersteun deur Ankia Pepler, ‘n akademiese assistent by Akademie Reformasie, Opleiding en Studies (AROS) en meestersgraad-student by die Universiteit van Pretoria in die Afrikaanse taal.
“Sy het ons gehelp deur middel van video oproepe en WhatsApp, en ek kan net dankie aan haar sê dat ek so goed geskryf het, asook aan my skool vir die kans om dit te kon doen,” het Marlizelle gesê.
Haar gunsteling, oftewel mees interessante feite van die artikel wat sy vertaal het, is hoe Joseph Kennedy se kinders almal jonk gesterf het, en die oorsake van hul dood.
Die morbiede fassinasie kom daarvan dat hul afsterwe vir Joseph baie hard geraak het, aangesien hy gehoop het hulle sou kans kry om te floreer soos hy en sy pa.
Die artikels van al die inskrywings word hersien en gepubliseer op Wikipedia se Afrikaanse afdeling, en wenners word nou deel van die Wikipedia groep, wat hulle toelaat om hersiening en veranderinge op artikels te maak.