NewsSchools

KYK: Interlaer atlete gee hul bes op die baan en veld

Aanskoulike atletiek was aan die orde van die dag.

Atlete van laerskole van die dorp het op 8 Februarie aan die jaarlikse interlaer atletiekbyeenkoms by die Boksburg Stadion kragte gemeet.

Ten spyte van die erge hitte was die atlete slaggereed en is behoorlik laat spaander om punte bymekaar te skraap.
Atlete het aan verskeie baan- en velditems deelgeneem, waar punte toegeken om verder te kwalifiseer vir die vir Groter Brakpan byeenkoms, gevolg deur die D5-byeenkoms, Gauteng kampioenskappe en uiteindelik die SA’s.

Anders as in die verlede was die pawiljoen nie vanjaar volgepak met die onderskeie skole se leerders en dirigente nie.

Tog het die ouers, onderwysers en deelnemers die leemte goed gevul, en het atlete onder groot gejuig aan die items deelgeneem.

Uitslae sal op ‘n later stadium bekend gemaak word, nadat alles bevestig en hersien is.

Skole wat deelgeneem het is: Anzac Primary, Brakpan Primary, Brenthurst Primary, CP Christian School, Laerskool Brakpan-Oos (die gasheer van die byeenkoms), Laerskool Die Arend, Laerskool Dalview, Laerskool Kommando, Laerskool Môrewag, Dalpark Primary, Thandimfundo Schools en Excel Edu Centre.

Lees ook: Black belts for young karateka

Related Articles

 
Back to top button