Divan Cilliers van Laerskool Die Arned was tweede, Keabetsoe Motsoeng van Dalpark Primary eerste en Ethan Hlatshwayo van Dalpark Primary was derde in die seuns langafstand item.
Atlete van laerskole van die dorp het op 8 Februarie aan die jaarlikse interlaer atletiekbyeenkoms by die Boksburg Stadion kragte gemeet.
Ten spyte van die erge hitte was die atlete slaggereed en is behoorlik laat spaander om punte bymekaar te skraap.
Atlete het aan verskeie baan- en velditems deelgeneem, waar punte toegeken om verder te kwalifiseer vir die vir Groter Brakpan byeenkoms, gevolg deur die D5-byeenkoms, Gauteng kampioenskappe en uiteindelik die SA’s.
Anders as in die verlede was die pawiljoen nie vanjaar volgepak met die onderskeie skole se leerders en dirigente nie.
Tog het die ouers, onderwysers en deelnemers die leemte goed gevul, en het atlete onder groot gejuig aan die items deelgeneem.
Uitslae sal op ‘n later stadium bekend gemaak word, nadat alles bevestig en hersien is.
Skole wat deelgeneem het is: Anzac Primary, Brakpan Primary, Brenthurst Primary, CP Christian School, Laerskool Brakpan-Oos (die gasheer van die byeenkoms), Laerskool Die Arend, Laerskool Dalview, Laerskool Kommando, Laerskool Môrewag, Dalpark Primary, Thandimfundo Schools en Excel Edu Centre.
Krige Rademeyer van Laerskool Dalview pak die hoogspring aan.
Amoré Britz van Laerskool Brakpan-Oos seil deur die lug.
Nelischka Drotsky van Laerskool Dalview tydens die verspring item.
Ntokozo Masilela van Anzac Primary maak reg vir die gewigstoot item.
Karlie Labuschagne van die Laerskool Brakpan-Oos neem deel aan die gewigstoot item.
Seuns langafstandatlete het van die eerste items van die dag voltooi. Fotos: Charma du Plessis.
Deelnemers aan die seuns 400m hekkies item in aksie op die baan.
Hlumelo Nxumalo, Latoya Stephen en Minkateko Senwana van Thandimfundo School het hul skool se atlete luidkeels aangespoor.
Botselo Moagi van Brenthurst Primary was tweede, Megan-Ann Roberts van Laerskool Dalview eerste, en Liz-An Morgan van Brenthurst Primary derde in die dogters langafstand.