Local newsNews

Stoeiers gekies vir Ekurhuleni Ope Kampioenskappe

Die stoeiers en hul vier afrigters is gereed vir die byeenkoms.

Sewentien stoeiers van die Brakpan Stoeiklub het gekwalifiseer om Saterdag aan die Ekurhuleni Ope Stoeikampioenskappe deel te neem.

Die byeenkoms vind in die Menlopark Stoeisaal te Pretoria plaas. Die jongste stoeier, Nathan van der Westhuizen sal in die o7 ouderdomsgroep deelneem.

Die oudste stoeier, Ben van Rooyen (45) sal in die meestersklas sy bes op die mat gee.

Die vier afrigters wat die stoeiers sal bystaan is Gert Erasmus (hoofafrigter), Rassie Erasmus, Dwayne Nel en Hennie van Baalen.

“Ons is bae trots op die groep stoeiers wat aan die kampioenskappe gaan deelneem,” het Gert Erasmus gesê.

“Ons het hard gewerk aan ons voorbereiding en glo dat ons stoeiers reg is vir die kampioenskap,” het hy bygevoeg.



ALSO READ: Brief: Macayla Coetzee se ouers sê dankie

ALSO READ: EMPD gives tips on scholar transport and child supervision

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button