Local newsNews
Ongewone varkbesoek op Powerstraat se hoek
Die varke was in tuine en in die pad te sien.

‘n Foto van ’n trop varke wat op die hoek van Powerstraat en Wendenlaan te sien is, is vanoggend op Facebook gedeel.
‘n Inwoner van Wendenlaan Gladys Van der Nest, wat die foto geplaas het, het aan die Herald gesê dat haar honde net na 8:00 erg te kere gegaan het.
“Ek het gaan kyk en toe die spul varke gesien.
“Hulle was oor al en het in tuine rondgesnuffel en oor die pad beweeg,” het sy gesê.
In die foto is daar ten minste tien varke van verskillende grootte wat onder ’n boom op die straathoek wei.
Gladys het gesê dat daar beslis meer as tien varke was.
Dit is nie bekend aan wie die varke behoort of waar die diere vandaan kom nie.
LEES OOK: Beloved goats stolen in Brakpan SPCA break-in
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.