Local newsLocal sportNewsSport

Brakpan Rugbyklub slaan ‘n wenhou met gholfdag

Fondse wat ingesamel is, sal teruggeploeg word in onder andere die verdere opgradering van die Brakpan Rugbyklub.

Brakpan Rugbyklub het Vrydag ‘n gholfdag by die State Mines Buiteklub aangebied.

Altesaam 132 spelers het ingeskryf vir die dag se spel waarna ‘n gesellige prysuitdeling by die rugbyklub plaasgevind het.

Die voorsitter van die Bakpan Rugbyklub, Frikkie Bosman het al die spelers maar veral die besighede en individue, wat deur borgskappe en skenkings bygedra het tot die sukses van die dag, bedank.

Bosman het aangedui dat fondse wat ingesamel is gedeeltelik vir die klub self aangewend sal word en ‘n gedeelte daarvan sal gebruik word vir verdere opgraderings van die rugbyklub.

“Ons het nog baie projekte aan die gang en werk hard daaraan om die stadion reg te kry, volgens die hoë standaarde wat ons vir onsself gestel het,” het Bosman gesê.




LEES OOK: Oudste dogter van Springs se ‘Huis van Gruwels’ deel haar storie

LEES OOK: Brakpan Rugbyklub verstewig momentum met oorwinnings oor Sibanye Stillwater

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button