Rugbytalent van Hoërskool Die Anker benodig hulp ná gesondheidskrisis
Die leerder moes reeds twee operasies ondergaan nadat sy blindederm gebars het.
Paul Schutte, ’n leerder aan Hoërskool Die Anker en kranige rugbyspeler, het onlangs ’n mediese krisis beleef toe sy blindederm gebars het.
Hy is na die Verre Oos-Rand Hospitaal geneem, waar hy reeds twee operasies moes ondergaan. Paul gebruik tans ’n stomasakkie, en hierdie uitdagende tyd het ’n groot las op hom en sy gesin geplaas.
Die gesin het ’n BackaBuddy-veldtog op die been gebring in ’n poging om Paul in ’n privaat hospitaal te laat opneem, waar hulle glo hy beter mediese sorg sal ontvang.
In die veldtog word aar ook genoem dat Paul genooi is om aan die internasionale sewestoernooi in Dubai deel te neem;’n droom waarvoor hy hard gewerk het en waaroor hy baie opgewonde was.
Die veldtog is deur Paul se suster, Monique Oosthuizen, van stapel gestuur, en die doelwit om al die hospitaalkoste te dek is R700 000.
Die skakel vir die veldtog is: https://www.backabuddy.co.za/campaign/help-save-pauls-life. Daar is ook vanaand om 18:00 ’n massa-gebed by die ingang van die Verre Oos-Rand Hospitaal vir Paul se spoedige herstel.
Die gemeenskap word genooi om saam te gaan bid en ’n kers saam te neem. Meer inligting sal volg soos dit ontvang word.
LEES OOK: Standerton High learners excel at national judo competition
LEES OOK: Stakeholders launch campaign against gender-based violence



