Local newsNews
Boedels, boedelbelasting onderwerp van die dag by Brakpan VLU byeenkoms
Die gasspreker van Standard Bank het die lede ingelig oor die onderwerp.
Die Brakpan-tak van die VLU het onlangs vergader en meer geleer oor boedels en boedelbelasting.
Die praatjie is aangebied deur gasspreker Ronel Harris van Standard Bank se Springs-tak en is, volgens skakelbeampte Jeanette Minderon, baie insiggewend gewees.
Die dames het ook voortgegaan met voorbereidings vir die Kongres wat op 27 en 28 Augustus plaasvind, en het intussen heerlike vingerhappies geniet.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



