Local news
Vrywilligers maak skoon in Brenthurst
Die flukse skoonmakers gaan op 11 September weer Brenthurst se strate en parke aanpak.
Ongeveer 36 vrywilligers het onlangs saam met die Saamstaan Buurtwag groep hul moue opgerol en gedeeltes van Brenthurst skoon gemaak. Die skoonmaak projek het vanaf 08:00 tot 13:00 plaasgevind.
Na afloop van die dag was daar ongeveer vier sleepwaens vol swartsakke met rommel weg gery.
Dié groep beplan hul volgende skoonmaak projek vir 11 September en belangstellendes wat graag hand wil bysit kan vir Eddie Rusch op 072 406 6286 kontak.
READ MORE: Ms Deaf South Africa enters world stage
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





