LettersOpinion

Skole moet nie geld vra nie

“Willie-betaal” skryf per e-pos:

Ek kan nie verstaan waarom ek moet betaal om my kind te ondersteun wanneer hy vir sy skool aan atletiek deelneem nie.

Ek gaan nie die skool se naam noem nie, want ek weet dit gaan maar by al die skole so.

Dit is teen my beginsels om R5 of R10 te betaal om toegang tot ‘n atletiekbyeenkoms te kry.

Ek was nou die dag by ‘n byeenkoms waar daar ten minste 600 toeskouers was en elkeen moes maar R5 opdok.

Dis ‘n lekker bedraggie en ek wonder maar net waarheen die geld gaan, aangesien ek elke maand getrou skoolfonds betaal.

‘n Onderwyser, by die hek, het op my navraag oor die toegangsgeld bloot gesê dat “niks meer in die lewe verniet is nie.”

Die lewe is duur genoeg. Ek en my gesin sukkel om kop bo water te hou. My kind presteer bo gemiddeld goed op die atletiek- en rugbyveld, maar ek moet betaal vir die voorreg om hom te kan ondersteun.

Ek kan verstaan dat koeldrank en eetgoed (ook ten duurste) verkoop word tydens die byeenkomste, en sekerlik is dit dan ‘n persoon se keurse om te koop aldan nie.

As ek die toegangsgeld by elke sportgeleentheid deur die jaar bymekaar tel beloop dit ‘n aardige bedrag.

As die hoofde van skole maar net sal besef dat daar ouers is wat regtig hul kinders wil ondersteun maar dat hulle doodeenvoudig nie elke keer kan geld uithaal om dit te doen nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button