Editor's noteLettersOpinion

Skelms soek hul prooi mooi uit

''Leser'' van Dalview skryf per e-pos Ek verwys na die berig in die Herald van 22 Augustus (Diewe hipnotiseer vrou en beroof haar).

My eerste gevoel nadat ek die brief gelees het was dat die vrou die pap ‘n bietjie dik aangemaak het.

Maar toe ek dit met my kollegas by die werk bespreek, het iemand my vertel dat ‘n soortgelyke ervaring haar oorgekom het.

Dit maak my bang om my voete by die deur uit te sit.

Kan ‘n mens dan nie eens in rus en vrede gaan inkopies doen nie?

Moet ‘n mens vreemdelinge soos die pes vermy en net in ons eie klein wêreldjie leef met oogklappe aan?

Ek voel dat die sekuriteitskameras, van die plekke waar die vrou bedrieg is, nagegaan moet word.

Die foto’s van die skuldige mense moet dan lewensgroot vertoon word, sodat almal op die uitkyk vir hulle kan wees.

Die vrou is 77 jaar oud en waarskynlik nie meer so op en wakker en versigtig nie.

Die skelms het hulle prooi mooi uitgesoek en met sukses toegeslaan.

Ek voel baie jammer vir haar en vir al die ander mense wat in hierdie land van ons nog onder misdaad gaan deurloop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button