LettersOpinion

Talle snel vrou te hulp in kerk

Ouma Steyn skryf per e-pos: Aan al die liewe Stoffberg vriende,

Ons was oorstelp deur julle belangstelling en meelewing met my ineenstorting in die kerk. (Dit was tydens die kerkdiens wat as afsluiting vir die onlangse Stoffie-feesnaweek gedien het).

Julle het soveel moeite gedoen en baie hard gewerk om so ‘n wonderlike naweek te reël. Ons wil julle baie geluk wens met alles wat so vlot verloop het.

Jammer dat ek toe die vals noot aan die einde van ‘n heerlike naweek moes wees.

Baie dankie vir gebede, besoeke in die hospital en oproepe. Dit het ons gedra en gesorg vir n vinnige herstel sodat ek die daarop eenvolgende Donderdag ontslaan is uit die hospitaal.

Dit is ‘n besondere kaartjie wat Lodi le Roux (een van die organiseerders van die Stoffie-fees) namens julle aan my oorhandig het en dit sal ‘n ere-plek in ons huis kry.

Ons wens julle groot seën, sukses, goeie gesondheid en geluk toe vir die jare wat voorlê.

Baie dankie!

(Brief verkort)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button