Editor's noteLettersOpinion

Gesin kan nie slaap na honde vergiftig is nie

Amanda Kruger skryf per e-pos: Ek sien in die Herald dat daar die afgelope tyd weer baie voorvalle is waar honde vergiftig word.

Ongelukkig het dit ons gesin ook onlangs getref.

Ons woon die afgelope drie jaar in Minnebron en het nog nooit ‘n probleem gehad nie, maar, toe ons Vrydagoggend (7 November) opstaan was ons drie honde reeds dood.

Ons twee Duitse herdershonde en ‘n poedel het al drie agter in die erf gelê. Ongelukkig het ons seun (13) eerste uitgegaan en die diere aangetref.

Dit was vir hom baie traumaties. Ek het nooit besef dat so ‘n voorval so ‘n groot impak op ‘n mens kan hê nie.

Ons sukkel almal om te slaap en die geringste geluidjie laat ons almal skrik. Dit is asof ons vir die skelms wag om terug te kom.

Ons is te bang om weer honde te kry, maar ons is ook besorgd oor ons veiligheid en die honde het ‘n mate van beskerming gebied.

Ek hoop regtig dat die skuldiges eendag in ‘n situasie sal kom waar hulle ook so bang is dat hulle nie kan slaap nie.

Maar dit sal waarskynlik nie gebeur nie, want hulle is gewetenloos en ek glo nie enigiets sal hulle pla nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button