LettersOpinion

Tarief regverdig nie die gerief

 C Janse van Vuuren skryf per e-pos: Met die brief wil ek my mening lig oor hoe pateties ons munisipale swembad geraak het.

Ons het onlangs, weens die bloedige hitte, besluit om ons drie-jarige seuntjie na die swembad te neem om so bietjie af te koel.

Dit was tot ons bittere spyt, want ons het aangekom by ‘n plek, wat eens netjies was en instand gehou is.

Nou moet ‘n mens R10 betaal om toegang te verkry.

Ja, dis reg R10 vir ‘n besoek aan ‘n publieke swembad en dan kry mens, tot jou verbasing, ‘n swembad  waar daar aan die dieper kant ‘n dik groen slymerige laag op die bodem lê.

‘n Mens sien dit sommer met die inkom slag.

Ek kan nie verstaan waarom ek R10 toegang moet betaal by ‘n plek waar daar geen werk of verbeteringe gedoen word nie.

Die swembad lyk of dit net aan een kant skoon gemaak word.

Jare terug het ons R1 en toe R2 betaal en daar was selfs ‘n snoepie. Nou betaal ‘n mens al R10 en daar is niks.

Ek is baie teleurgesteld en sal beslis nie weer soontoe gaan nie. Geduld se swembad bly maar die beter opsie. Daar is darem koelte bome, netjiese badkamers en skoon swembaddens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button