Beheer moet beter toegepas word
J B Potgieter, Escomelaan, skyf: Graag wil ek hiermee my dank en waardering uitspreek teenoor die EMPD se mense, wat op Nuwejaarsdag die hele dag by die Jan Smutsdam gepatroleer het en verhoed het dat mense drank ingebring het en ook hulle musiek oorverdowned hard gespeel het.

Die inwoners wat hier teen die dam bly loop naweke en vakansiedae maar erg deur.
Weereens dankie, maar ek wonder net hoekom dit nie elke dag gedoen kan word nie. Die mense kom naweke ook na die park en dan word daar gedrink en in die openbaar geirruneer.
Dit het die afgelope naweek weer gebeur. Ek het die SAPD gekontak en hulle het wel gekom en deurgery, waarna hulle weer uitgery het.
Ek wonder net waarom ons stadsraad nie ook kan maak soos daar by Germiston Meer gedoen word nie?
Besoekers moet betaal en hul voertuie word deursoek. Daarna moet hulle op ‘n aangewese plek parkeer en dan te voet verder beweeg.
Dit sal dalk ook ‘n goeie idee wees indien die EMPD bestuurders van voertuie kan toets voordat hulle die Jan Smutsdam verlaat na ‘n kuier.
Sover ek verstaan mag daar nie drank ingebring word nie. Ons as inwoners vra maar net dat beheer toegepas moet word. (Brief verkort).



