Editor's noteLettersOpinion

Veld is ‘n seeroog

A Mollentze, Brakpan-sentraal skryf: Die haglike toestand, van die oop veld op die hoek van Germainslaan en Highstraat, is skokkend.

Persone gebruik die veld as ’n mini-stortingsterrein, veral vandat die “wheeliebin”-sisteem ingestel is.

Ten spyte van herhaalde oproepe na Ekurhuleni Metro se gesondheidsafdeling, kry ons as inwoners van die omgewing, steeds geen terugvoer of aksie nie. Munisipale werkers ry verby en wend nie ’n poging aan om die veld skoon te maak nie.

Die onhigiëniese toestand is kommerwekkend en ons sukkel nou met ’n rotteplaag.

Redakteur se nota: Die Ekurhuleni Metro is genader vir kommentaar. Sodra dit ontvang word sal dit gepubliseer word.

Lees ook:

Man te skaam om te sê hy bly in Brakpan

Destroying facilities is like cutting off your nose to spite your face

Illegal dumping a disgrace to the human race

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button