LettersOpinion

Kletskouse het gate waar hul harte eintlik moet wees

Trotse inwoner, Brakpan skryf: Met verwysing na die berig in die Herald van 2 Oktober (Veldstormer is ’n oud-Brakpanner).

 

Soos die mense aangaan sou ’n mens dink dat die ou kaal oor die rugbyveld gehardloop het!

Wat is so erg aan wat hy gedoen het? Wat van die oorsese toeskouers wat spelers met eiers gooi of mekaar doodtrap?

Ek kom van Kaapstad af en Brakpan is nou my tuiste. Hier is wonderlike mense en natuurlik is hier ook skurke en nou praat ek nie van Izak Holtzhausen nie.

Brakpan is die enigste dorp, waar ek sien dat winkeleienaars die sypaadjies voor hul winkels skoon hou.

Dit is al dorp, en ek was al op baie plekke, waar die bestuurder van ’n bekende winkel ons gereeld met ’n “Keep well guys” groet.

Ek moes eenkeer dringend poskantoor toe gaan al het ek pyn gehad. Daar was ’n lang ry, maar ’n oplettende poskantoorklerk het my dadelik gehelp sonder dat ek daarvoor gevra het.

Julle, wie my dorp verkleineer, het gate in julle borskaste waar die meeste Brakpanners harte het.

Sosiale media het seker sy voordele, maar op die ou einde bly dit niks meer as ’n platform vir dom, lafhartige en minderwaardige kletskouse wat net ander wil bykom nie.

Lees ook:

Oorgeesdriftige ondersteuner is dalk ‘n oud-Brakpanner

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button