
Inwoner van Dalview skryf per e-pos:
Met verwysing na die brief in die Herald van 20 Mei (Gestremde wag wil werk).
Ek het waardering vir die man wat gestremd is en steeds bereid is om ‘n inkomste te probeer verdien, maar die vraag is net: hoe kan ‘n gestremde persoon opgewasse wees teen iemand wat ‘n kar probeer steel?
Nietemin, indien ek daar parkeer sal ek wel die man ondersteun.
My volgende punt is net dat karwagte, smouse en bedelaars besig is om die dorp oor te neem. Daar is nie meer ‘n verkeerslig waar daar nie iemand staan en bedel of goed probeer verkoop nie.
Gelukkig is dit nou winter, so die venster van my motor bly permanent opgedraai.
Ek is nie ‘n suinige mens nie, maar genoeg is genoeg!



