Editor's noteLettersOpinion

Ma kyk ander pad toe woelwaters te kere gaan in winkel

Hulle het geskreeu en lawaai gemaak en die ma het net doodeenvoudig gemaak of hulle nie bestaan nie.

Verstom skryf per e-pos:

Ek en my man was Saterdagmiddag in ‘n supermark in die dorp om ‘n paar goedjies te kry.

Dit was ontsettend besig. Dít kon ons nog hanteer, maar die vrou met haar twee stoute kinders het almal se aandag getrek.

Ek skat die seuntjie so vyf jaar en die dogtertjie so ses jaar oud. Hulle het elkeen ‘n klein trollie gehad en op en af in die gange gehardloop.

Hulle het geskreeu en lawaai gemaak en die ma het net doodeenvoudig gemaak of hulle nie bestaan nie.

Een van hulle het my man met die trollie gestamp en net voort gegaan asof niks gebeur het nie.

Mense het eintlik gaan stilstaan om te sien hoe die kinders te kere gaan.

Dit was werklik onaangenaam en ek voel dat die vrou haar kinders moes beheer.

Lees ook:

Chaos heers in die middag voor die skool

Gesin se uitstappie laat ‘n bitter smaak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button