
Anti-dwelms skryf per e-pos:
Met verwysing na die brief in die Herald van 2 September (Ouer se kommer oor dwelms).
Ek kan die pyn van die ouer verstaan en ek voel baie jammer vir die persoon.
My vraag is net of daar genoeg gedoen word om die persone wat dwelmmiddels te koop aanbied te vang.
Dit is algemene kennis dat ‘n mens deesdae, nie net in Brakpan nie maar oral, baie maklik dwelmmiddels kan koop.
Die verskaffers moet vasgevat en uitgeroei word, dan sal daar nie meer probleme wees nie.
Die howe moet ook baie strenger optree en voorbeelde daarstel, deur mense swaar te vonnis of te beboet.
Ons jeug lei onder die gemors wat ryk word deur dwelmmiddels te verkoop.



