Editor's choiceLettersOpinion

Swak gemanierdes moet eerder by die huis bly

Ek het eenkeer, toe ek dit nie meer kon verduur nie, omgedraai en na hul gekyk, maar nie eens dit het verhoed dat hulle hulself wangedra het nie.

Oud-onderwyser van Brakpan:

Met verwysing na die brief van Merle Coetzee (Revues was uitstaande) in die Herald van 9 September, asook die brief van Louis McDonald (Revues is fantasties), in die Herald van 19 Augustus.

As oud-onderwyser het ek beide hoërskole en een laerskool se revue bygewoon en ek moet saamstem: die gehalte was uit die boonste rakke.

Alle eer aan almal wat byna ‘n hele jaar hard gewerk het om sulke sukses te behaal.

Ongelukkig is my aand by een van die vertonings heeltemal in die wiele gery deur ‘n jong seun en meisie wat reg agter my en my vriendin gesit het.

Die kinders (ek skat hulle is in graad 10 of 11) het nie vir een oomblik stilgebly nie. Hulle het gegiggel en was bedrywig op hul selfone.

Ek het eenkeer, toe ek dit nie meer kon verduur nie, omgedraai en na hul gekyk, maar nie eens dit het verhoed dat hulle hulself wangedra het nie.

Hierdie twee swak gemanierde kinders moes liewer by die huis gebly het,want duidelik was hulle nie lus vir ‘n fantastiese revue nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button