LettersOpinion

Weldoeners laat slegte bui verdwyn

Dit het sommer my slegte bui laat verdwyn. Ek hoop die drie weldoeners lees my brief.

Inwoner skryf per epos:

Verlede Donderdag (20 Oktober) was ek op pad werk toe en dit was net een van daardie dae wat niks reggeloop het nie. Ek was regtig nie in ‘n goeie bui nie.

In Prince Georgelaan, naby die PPK Kerk, het ‘n vrou met ‘n donker blou kar in die middel van die besige kruising gaan staan.

Dit was so 8.15vm en daardie tyd van die oggend is dit maar baie besig by dié kruising.

Die verkeerslig, vir my, was rooi, en terwyl ek gewag het, het ek gesien hoe die vrou uitklim en self haar voertuig uit die pad probeer stoot.

Sy het glad nie goeie vordering gemaak nie en ek was op die punt om uit te klim om haar te help.

‘n Voertuig met vier mans het ook by die kruising aangekom en drie van hulle het dadelik uitgespring en die vrou gaan help.

Dit het sommer my slegte bui laat verdwyn. Ek hoop die drie weldoeners lees my brief.

Julle het my moed vir die dag gegee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button