
Anna van der Linde skryf per e-pos:
Dit is nou al ’n geruime tyd dat ek sien hoe die hoofingang van die Brakpan begraafplaas agteruitgaan.
Ek woon die afgelope 60 jaar in die dorp en daardie ingang was altyd iets om op trots te wees. Daar was ’n groot pragtige hek, wat seker maar gesteel is, en later vervang is met ’n verskoning van ’n hek. Dié het intussen ook verdwyn.
Die afgelope paar weke het ek opgemerk hoe een van die mooi pilare, waaraan die hekke gehang het, ook besig is om te breek. Ek is nie seker of dit weens ouderdom of vandalisme is nie. Vrydag of oor die naweek het die helfte van die pilaar ook omgeval of is dit omgestamp.
Dit is regtig so hartseer. Ek glo nie die hekke of pilaar sal ooit weer vervang word nie. My man en een seun is in die begraafplaas begrawe, maar ek kom al lank nie meer by hul grafte nie, want ek is te bang.
Lees ook:
The decay of the Brakpan Cemetery
Volg ons:
Ontvang die nuutste nuus op jou foon:
WhatsApp nommer: 0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)



