
Met verwysing na die berig op die voorbald van die Herald van 18 November (Hy wys hoe dit gedoen word).
Mag daardie seun geseën word. Baie mense (ek en my gesin ingesluit) sukkel om deesdae kop bo water te hou en wanneer ‘n mens so iets lees kry jy weer moed en krag.
Ek het my twee dogters (nege en 11 jaar) gevra om die berig te lees, sodat dit vir hulle ook ‘n les in inspirasie kan wees.
Ek het groot waardering vir die seun se ouers, wat hom groot maak om ‘n voorbeeld vir ander te wees.
Aan al die welsynorgannisasies in die dorp wil ek ook dankie sê. Daar rus ‘n groot taak op julle skouers en dit kan nie maklik wees nie.
In hierdie feesseisoen hoop ek dat almal rustigheid in hul harte sal kry en dat daar vrede en verdraagsaamheid sal wees.
Lees ook:
Weldoeners laat slegte bui verdwyn



