Besope man gil by hek, ontstel kinders
Ons wil maar net inwoners van die omgewing waarsku om hul hekke en deure toe te hou.

Ronilda van der Mescht, van Dalview, skryf:
Ek en my gesin het verlede Maandagaand (5 Desember) by ons huis, in Hendrik Potgieterstraat, televisie gekyk toe ons honde erg begin blaf het by ons voorhek.
Dit was so 9nm en omdat ons maar versigtig is, het ons nie uitgegaan nie maar my man kon wel sien dat daar ‘n persoon by die hek staan.
Die man het na ‘n rukkie begin skreeu, en my man het maar besluit om te gaan kyk wat die probleem is.
Die man, wat ligte bruin hare het, het vir my man gesê dat hy honger is en het gevra vir geld vir kos.
Die vreemdeling was besope en my man het op ‘n beskaafde wyse vir hom gevra om te loop.
Hy het vreeslik begin vloek en skreeu en het aan die hek begin pluk.
Ons twee jong kinders, wat in die huis gebly het, het bang geword en was erg ontsteld.
Toe my man dreig om die SAPD te bel het die man gesê hy gee nie om nie.
Hy het gelukkig na ‘n rukkie al vloekende weggestrompel.
Ons buurman het kom sê dat dieselfde persoon die vorige dag ook by sy hek geskreeu het.
Ons wil maar net inwoners van die omgewing waarsku om hul hekke en deure toe te hou.
Die man was redelik aggresief.
Lees ook:
Vrou se gedrag laat seuntjie verbaas
Werkloosheid veroorsaak groot ellende
Geen geld vir rokers en drinkers
Volg ons:



