LettersOpinion

Geliefde vervoermiddel is daarmee heen

L Rossouw, Cardiganstraat, Dalview skryf: Tensy drastiese stappe geneem word, voorsien ons as inwoners verdere moontlike botsings en selfs die risiko van lewensverlies.

L Rossouw, Cardiganstraat, Dalview skryf:

Verontagsaming van padverkeerreëls en regulasies in Cardiganstraat, Dalview, asook in Paul Krugerlaan, vanaf die Eden-verkeersirkel in ‘n oostelike rigting na die Hoërskool Stoffberg en Laerskool Die Arend, noop my om hierdie skrywe te rig.

Ek hoop dat dit eerstens skuldige motoriste tot besinning sal bring en, tweedens, die verkeersowerheid tot aksie sal roep. Daagliks, en ten aanskoue van inwoners van gemelde twee strate, jaag motoriste op ‘n roekelose wyse in die twee strate en stel hulle die lewens van wetsgehoorsame padverbruikers in dodelike gevaar asook die van baie jong en ouer leerders van bovermelde twee skole.

Lees: Motoris stamp kind, ry net weg

Op 14 Februarie (Valentysdag) word my voertuig in Cardiganstraat, terwyl ek vooraf en vroegtydig aangedui het dat ek regs in my woning se oprit gaan indraai, getref deur ‘n groot dubbelkajuit bakkie wat desondanks my tydige seine op dollevaart my regs verbygesteek het.

My voertuig, wat ondanks die feit dat dit ‘n 1992 model is, is in ‘n uitmuntende toestand en het ek dit vir 24 jaar en sewe maande deeglik onderhou en as’t ware vertroetel.

Ek is reeds op ‘n gevorderde leeftyd – die ernstige beskadigde voertuig was my enigste vervoermiddel en ‘n nuwer of ander voertuig was nie deel van my beplanning nie. Die onnodige ongerief en alternatiewe reëlings het ook ‘n verdere koste-gevolg veroorsaak.

‘n Paar jaar gelede het ‘n soortgelyke botsing, met gepaardgaande groot skade, my buurman oorkant my woning getref.

Ek gaan namens die inwoners, en met hul toestemming, ons wyksraadslid, rld Stephanie Ueckerman, nader en voorsien van ‘n versoekskrif met die volgende eise:

• Die dringende aanbring van spoedkeerwalle in Cardigan- en Paul Krugerstrate.

• Dat die verkeersowerheid meer dikwels hierdie gebiede oormerk om oortreders aan die man te bring; veral oor tye voor skool en na skoolsluiting (7vm tot 8.30vm en 1nm tot 2.30nm).

Tensy drastiese stappe geneem word, voorsien ons as inwoners verdere moontlike botsings en selfs die risiko van lewensverlies.

Lees ook: 

Skokvideo waar kind omgery word, sorg vir hartseer en geluk

Geen aksie word geneem nie

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button