
Ouer, Brakpan-sentraal, skryf:
Ek wil graag my mening lig oor skole wat nie optree teen sekere leerders wat ander onskuldige kinders boelie, verkleineer en terroriseer by die skool nie.
My kind is nou in sy sesde jaar by ‘n laerskool in die dorp en dit kom onder my aandag dat dinge net erger raak.
Ten spyte van vele versoeke om met die hoof te praat, word my kind nog steeds geboelie en sielkundig afgekraak.
Ek is ‘n enkelouer en het nie geld vir sielkundige hulp vir my kind nie.
Ek is in elk geval nie seker of dit sal help nie, want sekere ouers leer hulle kinders dissipline en ander ouers gee nie ‘n hel om wat hulle kinders aanvang nie.
Ek sukkel nou al drie jaar met dieselfde probleme en die skool gee dood eenvoudig nie aandag daaraan nie.
En kan ook nie sien waarom ek my kind in ‘n ander skool moet sit, omdat die hoof nie sy voet kan neersit nie.
Ek hoop dat hierdie brief geplaas sal word met die hoop dat ander ouers en die hoof sal wakker skrik en iets daaraan sal doen.
Let wel dit is ook nie net een of twee boelies nie; daar is ‘n hele klomp van hulle in die skool en dit is ook nie net my kind wat getraumatiseer word nie.
‘n Hele paar kinders word hierdeur geraak.
Ek plaas my brief anoniem, want ek kan nie bekostig dat die onderwysers ook nog op my kind pik nie.
Lees ook:
Brakpan skole kan betrokke raak by unieke anti-boelie projek
By die skool word boelies beslis nie geduld nie
Why bullying should be taken seriously
Volg ons:
Ontvang die nuutste nuus op jou foon:
WhatsApp nommer: 0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)



