
Inwoner, Eeufeeslaan, Dalview, skryf:
Ek wil graag vir die parke afdeling van die Metro dankie sê dat hulle die bome in Van der Waltweg gesny het.
Ons woon in een van die systrate en dit was vir my baie moeilik om die laaste tyd te sien of daar aankomende verkeer is.
Ek het die probleem verskeie kere aangemeld, maar dit het op dowe ore geval tot nou toe. Dit sal net wonderlik wees as die middelmannetjie ook skoon gemaak word.
Daar is nog soveel onkruid en gemors wat aan weerskante van die middelmannetjies lê en die straat ontsier.
Ek hoop net dat die goeie werk sal aanhou en dat die parke in ons omgewing ook nou ordentlik gesny sal word.
Lees ook: Bome op sypaadjie versper sig
Waentjies in die pad is ‘n gevaar
Inwoners het die reg om te weet
Volg ons:



