LettersOpinion

Niemand verdien om alleen te sterf nie

Inwoner, Dalview skryf per e-pos: Dit is bitter jammer en hartseer om te sien hoe mense vandag sukkel om kop bo water te hou en elke dag probeer oorleef.

Inwoner, Dalview skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig in die Herald van 9 Junie (Karwag sterf alleen op koue trappe).

Hoe hartseer dat enige persoon so alleen en koud jou laaste asem moet uitblaas.

Wat my die meeste opgeval het was die vuil plek waar die stomme man gebly het, en wat seker maar sy huis was.

Ons gesin woon in Dalview, maar ons werk in ander dorpe en kom byna nooit in Brakpan-sentraal nie. Die agteruitgang is duidelik op die foto te sien en dit is baie kommerwekkend.

Ek sien gereeld ‘n ouerige man en vrou wat in die Dalview omgewing bedel en ek dink hulle slaap ook maar net waar hulle kom.

Dit is bitter jammer en hartseer om te sien hoe mense vandag sukkel om kop bo water te hou en elke dag probeer oorleef.

Niemand verdien om alleen op koue trappe te sterf nie. Ek hoop daardie persoon rus nou in vrede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button