LettersOpinion

Dit is nie lekker om die plek so te sien

Gerhard van Staden Brakpan-sentraal skryf: Geen mens kan daardie toilette gebruik nie en ek is seker dat dit nie ‘n gesonde ding is vir daardie vuil water om so te loop nie.

Gerhard van Staden Brakpan-sentraal skryf:

Met verwysing na die foto in die Herald van 16 Junie op bladsy 4 (Probleem areas word skoongemaak).

Daardie mense mors net hulle tyd. Ek het Saterdag deur die wandellaan geloop saam met my vrou en die plek het maar weer gelyk soos ‘n varkhok.

Die Ekurhuleni Metro moet daardie kiosks afbreek as hulle van die probleem wil ontslae raak en hulle moet ook die winkels uithuur teen goedkoper tariewe.

Solank as wat die mense toegelaat gaan word om daar te slaap en vure te maak saans gaan daardie plek nie skoonbly ie.

Dan praat ek nie eers van al die kriminele goed wat daar gebeur nie.

Geen mens kan daardie toilette gebruik nie en ek is seker dat dit nie ‘n gesonde ding is vir daardie vuil water om so te loop nie.

Ek onthou nog die dae toe ons elke Saterdag soontoe gegaan het, lekker geëet het en na sangers kon geluister het.

Nou kan jy dit skaars waag om daar te loop.

Dit is nie lekker om die plek so te sien nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button