LettersOpinion

Die seuns is reg groot gemaak

Daar is nog goeie mense in ons samelewing.

Pottie Potgieter van Dalview skryf:

Ek het onlangs besef dat daar nog goeie jong mense in ons samelewing is.

Ek is ’n pensioenaris wat so week terug by die Mall@Carnival was. Toe ek uitkom het ek gesien dat my motor se band pap was.

Ek was nog besig om my seun te bel toe twee jong mans (ek skat hulle tussen 19 en 20 jaar) aangestap gekom het.

Hulle het gevra of hulle kan help. Hulle het die wiel gou omgeruil en dit was nie nodig vir my seun om my te kom help nie.

Toe ek vir hulle dankie gesê het, het hulle geglimlag en gesê dat dit ’n groot plesier was.

Daardie kinders se ouers het hulle reg groot gemaak.

Die wêreld kort meer sulke kinders.

Lees ook: In die kollig – Leer Brakpan se mense ken

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button