Joep Joubert skryf per e-pos:
As oud-voorsitter en lid van die Brakpan Stoeiklub wil ek graag vir Martin Erasmus en ook die klub baie geluk wens met die uitsonderlike prestasie wat hy op die Statebondspele behaal het.
Ek het hom leer ken as vyf-jarige seuntjie wat met toewyding gestoei het en groot potensiaal getoon het.
Sterkte en hou so aan. Ons wag nou vir die Olimpiese goud.
Stoei leer jou om gedissiplineerd, maar ook nederig, te wees. Welgedaan. Jy maak ons almal trots.
Lees ook: Groot lof vir stoeier wat goud op Statebondspele verwerf
Volg ons:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



