Editor's noteLettersOpinion

Karskou was genotvol

Inwoners was aangenaam verras met die motorskou wat Saterdag (26 Mei) plaasgevind het.

Carina Bezuidenhout, Dalview skryf:

Ek, my man en ons kind (7) het Saterdag vir die eerste keer die Just Wheels Motorskou by Muriel Brand Skool bygewoon.

Ons was aangenaam verras en ons plan om net so uur te vertoef het heeltemal verander en ons het vier ure daar deurgebring.

Die toegangsgeld was baie billik en ons het gevind dat alles baie goed georganiseerd was.

Die kospryse was ook heeltemal aanvaarbaar en ons het eintlik ’n dag geniet waar ons nie honderde rande moes spandeer nie.

My man en seun het veral die aktiwiteite by die 4×4-baan geniet.

Ek hoop dat die organiseerders volgende jaar weer so ’n skou sal aanbied.

Ons sal definitief weer daar wees.

Lees ook: Blink wiele beïndruk besoekers by Just Wheels opedag

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button