Dit is nie goed vir die dorp nie
Dit is nog nie eens winter nie en die dorp se sypaadjies het klaar ’n slaapplek geword vir elke mens wat op straat is.
’n Ma, Brakpan-sentraal, skryf per e-pos:
Ek loop van die dorp se kant elke dag saam met my twee kinders na hulle skool toe en Maandagoggend het daar drie mense onder komberse in Prince Georgelaan voor ’n winkel geslaap.
Ek weet nie of dit mans of vroue was nie want hulle koppe was nog toe onder die komberse.
Ek het my kinders maar aan die ander kant van die pad gaan loop.
Ons is ook nie ryk nie so ek voel jammer vir hierdie ouens maar dit is nie reg nie.
Ek sien ook baie keer mense by die biblioteek en in die ou wandellaan.
Ek wonder maar net of daar nie ’n plek is waar hierdie mense kan bly nie of net kan slaap nie. In die winter gaan dit nog baie erger wees.
Dit lyk regtig nie goed vir die dorp nie en as almal maar net gelos word gaan die probleem net groter word.
’n Paar jaar terug sou die polisie jou sommer toegesluit het as jy so op straat of onder ’n boom geslaap het.
Lees ook: Making Brakpan a safer place
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



