Editor's choiceLettersOpinion

Honde hoort nie in die straat nie

Diere moet ten alle tye in 'n mens se erf gehou word.

Vanessa du Toit skryf per e-pos:

Ek en my man gaan stap gereeld in die laat middag in Dalview om oefening te kry.

Dit is vir my opvallend hoe baie honde daar in die strate rondloop.

Sommige strate moet ons eintlik vermy, want ons weet al dat daar gewoonlik ’n hond rondstaan wat nie te vriendelik is nie.

Ons het self honde en ek kan nie verstaan hoe mense hul diere nie in hul erwe kan hou nie.

Ek is nie eintlik iemand wat kla nie, maar wat my genoop het om die brief te skryf is toe ons verlede Woensdag sien hoe ’n foxy amper raakgery is.

Dit is tog die regte ding om jou troeteldiere in jou erf te hou. Honde hoort nie in die straat nie.

Lees: Hierdie is g’n honde nie, dis kinders

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button