Editor's noteLettersOpinion

Enkelouers moet nie moed verloor nie

"Ek het al ure en ure in koue hofgeboue gesit, met die hoop dat reg en geregtigheid uiteindelik sal geskiet."

Anoniem skryf per e-pos:

Ek skryf vandag hierdie brief omdat ek ’n enkelouer is. Omdat ek self, al vir vier jaar die pad stap, en min tot geen sukses behaal het in die stryd om kinderonderhoud te verkry nie en om die wet tot die volle mag te kan geniet nie.

Ek het al ure en ure in koue hofgeboue gesit, met die hoop dat reg en geregtigheid uiteindelik sal geskiet.

Nou ja, hier is ek weer – moet weer aansoek doen vir agterstallige onderhoud.

Dit nadat ek ‘n “emolument order” verkry het. Die ander ouer bedank bloot net sy werk en siedaar die primêre ouer moet maar raap en skraap.

Ek wil vandag vir elke liewe ouer, mamma of pappa vra: kom jou verantwoordelikheid na, hou by daardie hofbevele, respekteer die ander party se gevoelens en besef tog dat hul uitgawes nes jy het.

Hoeveel lenings ek al gemaak het, net in 2019, kan ek nie eers onthou nie maar om ma-alleen ’n kleuter groot te maak is nie maklik nie.

Kostes beloop hemelhoog, veral as jy ’n baie klein salaris verdien en staatmaak op onderhoud vir die kind/kinders.

Dagsorg is enige iets tussen R1 000 en R1 500. Medisyne kan soms tot R500 beloop. Klere seisoenaal (en die goedkoopste) beloop minimum R800. Dan moet daar nog kosblikkies gepak word vir die skool, daar is die lekkertjies, kos, krag, water en so kan die lysie aangaan.

Ouers asseblief moenie, omdat jy en die ander party geskei het, toelaat dat jou seer en jou woede die kinders beïnvloed nie.

Moenie daardie onderhoudgeldjies weerhou omdat jy voel die ouer verdien nie daardie geld nie. Jy neem dalk net ’n bord kos uit jou kind se mond.

Omdat die maand van Augustus Vroue-maand is wil ek vir alle enkelouers sê: hou moed en hou aan baklei. Êrens moet die regstelsels begin werk vir ons wat daagliks hierdie nagmerrie beleef.

Ek daag alle ouers enkel, getroud of geskei uit, om uit te reik na daardie vriend of vriendin wat sukkel, al is dit net met ’n koppie koffie.

Steek jou hand uit en help hulle. Dit is dalk die enigste stukkie hoop wat hul nodig het.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button