LettersOpinion

Seuns hoort agter tralies

Hulle sou beslis nie weggekom het met hul lafhartige daad nie.

Adriaan Blignaut skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig in die Herald van 1 November (Tienerseuns skop grafstene om).

Dit is algemene kennis dat grafte gereeld gevandaliseer word, alhoewel dit nog altyd my verstand te bowe gegaan het.

Ek en my vrou het dit ook eerstehands beleef toe haar ouers se graf ’n paar jaar gelede gevandaliseer is. (Dit was nie in die Brakpan Begraafplaas nie.)

Ek wens ek was die persoon wat daardie tienerseuns betrap het.

Hulle sou beslis nie weggekom het met hul lafhartige daad nie.

Lees ook: Is goed dan nie eens veilig in die begraafplaas nie?

Ek kan ook nie help om te wonder watter opvoeding daardie seuns kry nie.

Ek is bewus daarvan dat daar organisasies en individue is wat probeer om die begraafplaas toeganklik en veilig te maak en ook te verfraai.

Dan kom daar twee tieners wat dink dit is pret om grafstene om te skop.

Hulle hoort agter tralies.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button