
Dankbare inwoner skryf per e-pos:
My bejaarde pa het verlede Vrydag op die sypaadjie naby FNB geval.
Hy het seergekry en kon nie dadelik opstaan nie.
’n Vrou en haar seun (of ’n jong man wat saam met haar was) het hom gehelp en gesorg dat hy weer by sy kar kon uitkom.
Lees ook: Tekort aan geld vir pensioen uitbetaling is onaanvaarbaar
Hy het sy gewrig seergemaak, maar kon darem weer tot by die huis kom.
Hy was ongelukkig ’n bietjie deurmekaar en het nie die mense, wat hom gehelp het, se besonderhede gekry nie.
Ek hoop die vrou en die jong man lees hierdie brief en weet dat ons baie dankbaar is vir die hulp.
My pa is Gert Basson, hy is 86 jaar oud en baie kosbaar vir ons.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



