Editor's noteLettersOpinion

Bejaarde se beursie onder haar neus gesteel

Om al die kaarte te vervang is ’n beslommernis.

Yvonne van der Merwe skryf per e-pos:

Ek wil graag ander inwoners, maar veral bejaardes, van die dorp waarsku om versigtig te wees wanneer hulle inkopies doen.

My bejaarde ma en haar vriendin was Donderdag in ’n kettingwinkel in die dorp toe haar beursie uit haar handsak gesteel is.

Eers toe sy by die betaalpunt kom het sy besef dat haar beursie gesteel is. Haar bestuurderslisensie en mediesefondskaart asook ander kaarte was in haar beursie, saam met R400 kontant.

LEES: Weldoener tot die redding van bejaardes

Toe sy besef dat sy besteel is, het sy onthou dat twee vroue aan haar gestamp het en om haar rondgehang het.

Ons glo dit was die vroue wat verantwoordelik was.

Om al die kaarte nou weer te vervang is ’n groot beslommernis vir enige iemand, maar veral vir ’n bejaarde.

Ek wil maar net hê dat mense moet versigtig wees en kennis neem.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button