
Dominique Vermeulen, Dalview skryf per e-pos:
Met verwysing na die berig in die Herald van 7 Februarie (A local landmark gone).
Ek moet bieg dat ek en my gesin nie die laaste paar jaar van die Casbah gebruik gemaak het nie, bloot omdat ons net gesonder probeer eet het.
Toe ek Vrydag my koerant gekry het was ek regtig geskok om te sien dat die bekende plek se deure finaal gesluit het.
Ek onthou dat ek en my man en ons twee kinders (wat nou volwasse is) elke Vrydagaand daar gaan eet het.
Ek dink meeste inwoners van die dorp het dit gedoen, want daardie plek was so vol dat ons in die straat moes parkeer.
Partykeer het ons sommer daar in die motor geëet en ander kere het ons ons kos huis toe geneem. Ek sal die reuk van hulle kos sekerlik nooit vergeet nie.
LEES: Casbah serves up good memories
Daar was elke Vrydagaand ’n feestelike atmosfeer en ek onthou die kelners se spierwit oorjasse en vriendelikheid.
Niemand het vir niemand kwaad geword as jy ’n rukkie vas geparkeer was nie.
Dit was inderdaad goeie tye en Brakpan het beslis ’n juweel verloor.
Ek hoop maar net dat iemand daardie gebou sal oorneem want anders gaan dit nog ‘n aaklige hool word, waarvan daar oor as genoeg in die dorp is.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



