Editor's noteLocal sportSport

Dalview Tennisklub bied nog tennis vir oud en jonk

Die tennisbane by die Dalview Tennisklub het Saterdag gewemel van jong spelers, toe 34 juniors aan ‘n vriendskaplike toernooi deelgeneem het.

Volgens die voorsitter van die klub, Wouter Rothman, is die fokus op die jeug, in wie daar belê moet word vir die toekoms, om so ook die voortbestaan van die klub te verseker.

Die Dalview klub bied verskeie geleenthede gedurende die jaar aan, waar juniors op ‘n gesonde kompetisiebasis meeding.

Liza Marchand, ‘n gekwalifiseerde TSA-tennisafrigter by die klub, speel ‘n belangrike rol om die spel aan die jeug bekend te stel en hulle van die begin af die regte tegniesevaardighede te leer.

Twee van die plaaslike skole, Hoërskool Stoffberg en Laerskool Dalview, maak ook van die klub gebruik vir hulle ligawedstryde.

“Oud en jonk is welkom om die enigste oorblywende tennisfasiliteite in die Brakpan-omgewing te kom benut,” het Rothman gesê.

Belangstellendes kan vir Rothman by 083 282 6969 kontak, vir meer besonderhede.

Lees ook:

Trials for junior cricketers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button