Die Ekurhuleni-Oos mans A-span het ook goud verwerf. Hulle is agter (van links): Pierre Smit, Nic Goosen, Danie Binneman en Casper du Preez. Voor: Pieter Swiegers (kaptein), Elize Jooste (spanbestuurder) en Jacques Coetzee. Swiegers en Coetzee was ook die dubbel kampioene terwyl Coetzee ook die enkel kampioen was. Du Preez was derde in die enkelspel. Swiegers het ook die meeste 180’s gedurende die toernooi gegooi. Hy het dit 10 keer reggekry.
Die Ekuhuleni-Oos juniorspan wat uit Katelyn Coetzee en Morné Grové bestaan het, was tweede in die spankompetisie. Grove was eerste in die enkelspel en Coetzee was derde.Die Ekurhuleni-Oos vroue B-span het ’n eerste plek los gespeel. Hulle is (van links): Jozani Lottering, Michelle Rossouw en Janice Coetzee. Afwesig: Lucia Fivaz. Coetzee en Fivaz was die vroue kampioene. Die span het ook goed gevaar met die enkelspel. Coetzee het eerste geëindig, Lottering tweede, Fivaz derde en Rossouw vierde.Die Ekurhuleni-Oos mans B-span het ’n eerste plek behaal. Hulle is agter (van links): Charles Chinimbiri, André de Jager en Arelindo du Toit. Voor: Ryno Grobler, Arno Swanepoel (kaptein) en Chris Botha. Chinimbiri en Botha was ook die dubbel kampioene.Die Ekurhuleni-Oos vroue A-span het ’n eerste plek behaal. Hulle is (van links): Magdelize Wiese, Hermien Peens, Moira Cronje en Claudine van der Spuij. Magdelize Wiese en Claudine het ’n tweede plek in die dubbelspel behaal. Spelers wat belangstel om by die klub aan te sluit kan die volgende persone skakel: Hans Viljoen (076 913 1666), Hermien Peens (083 609 5981) of Leon Jooste (083 287 0824).