Local sport

Brakpan Rugbyklub sluit Peregrine poelfase met drie oorwinnings af

Brakpan Rugbyklub het die Peregrine Liga se poelfase op 'n hoogtepunt afgesluit met oorwinnings vir die eerste, tweede en o21-spanne op Bosman Stadion.

Brakpan Rugbyklub het Saterdag ‘n uitstekende dag op Bosman Stadion beleef toe al drie sy spanne hul laaste wedstryde van die Peregrine Liga se poelfase gewen het.

Die eerste span het met ‘n indrukwekkende 83-19-oorwinning die toon aangegee, terwyl die tweede span, die Lilly Whites, hul teenstanders met 60-5 oorskadu het.

Die o21-span het vir die naelbyt oomblik van die dag gesorg met ‘n spannende 22-21 oorwinning om die poelfase op ‘n hoogtepunt af te sluit.

Die sterk vertonings beteken dat Brakpan se eerste span en o21-span deurgedring het na die halfeindronde, wat op 1 Augustus op Bosman Stadion beslis sal word.

Die eerste span kom teen Nigel te staan, terwyl die o21-span Springs die stryd sal aansê.


Christiaan Nel is as die o21-span se speler van die wedstryd aangewys ná 'n 'n goeie vertoning in Brakpan se spannende 22-21-oorwinning.

Die Lilly Whites het intussen ook hul plek in die eindstryd bespreek en sal op 15 Augustus teen Springs om die titel meeding. Die venue vir dié eindstryd sal later bekend gemaak word.

Die klub het ook na afloop van Saterdag se wedstryde sy spelers van die wedstryd aangekondig.

Christiaan Nel is vir sy indrukwekkende vertoning vir die o21-span aangewys, Rudy van Schalkwyk het die eer vir die Lilly Whites ontvang, en Tiaan Schoeman is as die eerste span se speler van die wedstryd bekroon.

Volgens klubvoorsitter, Frikkie Bosman is die bestuur uiters trots op die prestasies van al drie spanne en is dit ‘n bewys dat die harde werk wat agter die skerms gedoen word, beloon word.

Bosman het ook sy dank uitgespreek teenoor die klub se komitee, afrigters, spelers, borge en ondersteuners vir hul ongelooflike insette en volgehoue ondersteuning, wat volgens hom ‘n groot rol in die klub se sukses speel.


Tiaan Schoeman is as die eerste span se speler van die wedstryd aangewys ná sy uitstaande bydrae tot Brakpan se indrukwekkende 83-19 sege op Bosman Stadion. Foto: Verskaf

ALSO CHECK: Hoërskool Stoffberg en SSStudios maak gereed vir groot toneeljaar

ALSO CHECK: Young Brakpan woman nominated for GSport Awards for motor sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button