Editor's note

Genotvolle uitstappie vir honde en hul eienaars

Honde-eienaars en ondersteuners van die (DBV) word uitgenooi om Saterdag (8 November) aan die vierde “Sunset Adventure Dog Walk” by die Boksburg Stadion te gaan deelneem.

Die geleentheid is ten bate van sommige takke van die DBV aan die Oos-Rand, in ‘n poging om fondse in te samel om armer gemeenskappe te ondersteun.

“Ons glo dat die geleentheid ‘n genotvolle een sal wees vir die hele gesin, asook vir die honde,” het een van die organiseerders gesê.
Die hekke sal om 4nm open en die publiek word aangemoedig om piekniekkomberse en stoele saam te neem.

Die toegang is R30 per persoon en R10 per hond.
Dit is belangrik dat alle honde aan leibande moet wees en die diere se inenting moet op datum wees.

Geen honde onder drie maande sal toegelaat word nie.

Die Boksurg Stadion is in Jubileeweg, Boksburg, geleë.

Die Brakpan DBV kan by 011 742-2007 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button