LettersOpinion

Tuinier se vygies word gegaps

Ontstoke tuinier skryf: Baie dankie vir die oop kolle op my sypaadjie. Ek hoop jy het die eerste keer die moeite gedoen om die plantjies een vir een uit te plant soos wat ek doen.

Die worteltjies was nog haardun en nie behoorlik gevestig nie.

Hopelik het hulle nie in die swartsak beland nie.

Dalk is hulle sommer net daar in die son in die teerpad gelaat om te verlep.

Jou tweede oes het blommetjies aan.

Hulle is darem groter en kan makliker geplant word. As jy net ‘n bietjie geduld aan die dag lê sal die ander wel nog blom.

Is dit nie bedagsaam om die plantjies met blommetjies vir my te los nie?

Ek het immers baie pakkies saad gekoop, gesaai en daagliks water gegee.

Dit is soos om iemand se kinders te steel!

Kan ek asseblief vra dat jy jou vingers voortaan uit my bedding sal hou, sodat die blommetjies daar is vir almal om te geniet?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button