Kuier saam met die Just Wheels Motorklub
Toegang is gratis en die publiek word uitgenooi om ’n rustige dag in ’n ontspanne atmosfeer saam met lede van die klub te geniet.
Die Just Wheels Motorklub hou op 31 Maart sy maandelikse opedag by die klubhuis wat te 169 Kitzingerlaan geleë is.
Eet- en drinkgoed sal te koop wees en besoekers sal ook die geleentheid kry om van die klublede se voertuie van naby te bekyk.
Reëlings vir die 10de Just Wheels Motorskou, wat op 25 Mei by Muriel Brand Skool aangebied word, is ook in volle swang.
Die skou, wat om 8vm sal afskop, beloof om groter en beter as ooit te wees.
Vir meer inligting kontak vir Bart Zaayman by 083 390 8589.
Lees: Raak só betrokke by die Just Wheels Motorskou
Volg ons:
Vir meer plaaslike nuus besoek Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



