Toestand van die dorp is ’n skande
Die probleem is nie net in Victoriastraat nie.

Vies inwoner, Brakpan-sentraal skryf per e-pos:
Met verwysing na die brief in die Herald van 8 Maart (Fed up with neglect, noise in Victoria Street).
Wat in daardie brief beskryf word, kan net sowel van toepassing op die hele dorp wees.
Waar die ou tennisbane was, langs die Brakpan Rolbalklub gaan dit net so sleg.
Mense gebruik openlik dwelmmiddels en daar word van vroeg tot laat in die openbaar gedrink.
Die park langs die ou tennisbaan (alhoewel dit nie meer ’n park genoem kan word nie) word as ’n openbare toilet gebruik en mense slaap onder die bome.
Van die dorp self praat ek nie eers nie.
Kyk maar net hoe lank is die gras op die sypaadjie en middelman van die Voortrekker duikweg.
Net om die hoek daarvan lyk die agterkant van die stasie soos ’n varkhok.
Dit is ’n skande!
Volg ons:
Vir meer plaaslike nuus besoek Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



