Local newsNews

KYK: Tweedy Park se woonstel inwoners dankbaar vir pesbeheer

Die inwoners van die Tweedy Park woonstelblok gaan al vir meer as 'n jaar onder die plaag weeluise gebuk, maar nou is die einde in sig.

Die woonstelblok by die Tweedy Park-kompleks, ’n gebou van vele verdiepings, is die afgelope tyd in die kollig terwyl inwoners en betrokkenes probeer om ’n jarelange weeluisplaag in die gebou aan te spreek.

’n Pesbeheermaatskappy, Pest Control Specialists East Rand, het onlangs ingestem om die probleem aan te pak (Tweedy Park weeluise: insekdoder geborg, mannekrag benodig, 3 Maart) en op Dinsdag, 10 Maart, het die groot proses begin.

Die Herald het reeds in April 2025 oor die plaag berig (Gebreekte vensters, weeluise en kokkerotte teister bejaardes by Tweedy Park, 10 April 2025). Vroeër vanjaar het Francoitte van Heerden besluit om self in te gryp en die inisiatief te neem.



Sy en ander betrokkenes het ’n beroep op die publiek gedoen om Jeyes-vloeistof, Blue Death insekdoder en 16 liter drukbesproeiers te skenk vir die behandeling van die plaag (Skenk gif, sproeiers vir Tweedy Park-weeluisbehandeling, 20 Februarie).

Verskeie pesbeheermaatskappye het egter daarna na Van Heerden en VF+ raadslid Riaan van Zyl, wat ook by die projek betrokke is, uitgereik en verduidelik dat Jeyes-vloeistof en Blue Death nie voldoende is om ’n weeluisplaag doeltreffend te behandel nie.

Daarop is ’n proses begin om ’n professionele pesbeheermaatskappy te kry om die woonstelle oor al die verdiepings te behandel.


@brakpan_herald

Vir inwoners van die Tweedy Park ouetehuis se woonstelblok is die einde in sig van ‘n plaag weeluise wat hulle teister. #bedbugs #ouetehuis #brakpan #gemeenskap

♬ original sound – Brakpan_Herald


Só ’n projek beloop normaalweg tienduisende rande, iets wat die meeste inwoners, hoofsaaklik bejaardes en ontvangers van SASSA toelae, eenvoudig nie kan bekostig nie.

Pest Control Specialists East Rand het tot die redding gekom en ingestem om die reuse taak aan te pak en het Dinsdag die hele dag daaraan gewy. Elke woonstel, van die agtste vloer tot by die eerste, is ontruim terwyl meubels weg van die mure af geskuif is.

’n Insekdoder is daarna langs die omtrek van elke woonstel gespuit.



Soos die middel die weeluise uit hoeke en krake gedryf het, is ’n berokingsmasjien (fumigator) in elke woonstel gebruik, waarna die eenhede vir ongeveer drie ure geseël is.

Volgens die pesbeheermaatskappy is verskeie opvolgbehandelings gewoonlik nodig, maar hulle het alles in hul vermoë gedoen om die plaag met ’n enkele intensiewe behandeling onder beheer te kry.

Terwyl die bejaarde inwoners gewag het om hul woonstelle weer te betree, is hulle in die parkeerarea in die skaduwee onthaal met eet- en drinkgoed. Nadat die plaagbeheer voltooi is, het Hanlie’s Cleaning Service elke behandelde woonstel deeglik skoongemaak met nat stofsuiers om die proses behoorlik af te rond.




ALSO CHECK: Mall awareness conducted by Brakpan SAPS spotlights gender-based violence and femicide

ALSO CHECK: WATCH: Non-payment, PPE shortages inhibit Brakpan Roads and Stormwater Depot

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button